Wanneer 'n person sterf, laat hy nie net familielede en vriende na nie, maar regte en verpligtinge wat afgehandel moet word. 'n Oorledene laat dikwels, afgesien van eiendom, ook skulde en verpligtinge na wat betaal en afgehandel moet word. Die Erfreg hanteer hierdie afdeling en 'n persoon se sake moet ooreenkomstig die reels van die Erfreg afgehandel word. Waar 'n oorledene 'n testament agtergelaat het, word sy sake ingevolge Testate Erfreg hanteer. Om uiting te gee aan u wense wanneer u tot sterwe kom, is dit dus baie belangrik om oor 'n geldige testament te beskik. Indien 'n oorledene nie oor 'n geldige testament beskik nie, word die boedel ingevolge Intetstate Erfreg hanteer.
Artikel 2(1)(a) van die Wet op Testamente bepaal dat 'n testament aan bepaalde formaliteite moet voldoen.
Dit is dus duidelik dat dit raadsaam is om 'n persoon met 'n grondige kennis in die veld van Erfreg te konsulteer om te assisteer met die baie belangrike taak van die opstel van u testament. Daar is deesdae baie selfhelp middels beskikbaar wat nie noodwendig inkorrek is nie, maar ondervinding het geleer dat die konsultasie tydens die opstel van 'n testament baie waarde kan heg tot die eindproduk.
Indien 'n persoon te sterwe kom sonder 'n geldige testament kan dit gebeur dat 'n erflater niemand agterlaat wat bevoeg is om intestaat van hom/haar te erf nie. Dit is selfs moontlik dat die staat die hele nalatenskap as bona vacantia verkry.
Nexus Legal Consultants poog om 'n positiewe bydrae in hierdie veld te lewer deur u te help om betyds 'n geldige testament op te stel.